top of page

Terugvoer van Gesonde Geseënde Gesinne

Ware Lewe Bediening se Gesonde Geseënde Gesinne huwelikseminaar was aangebied by AHA! Idea Catalyst Conference Centre vanaf 12-14 September 2014. Almal wat wou kon ook oorbly vir die naweek by Casa-Lee Country Lodge. Alles was moontlik a.g.v. die BAIE goeie tariewe wat Kobus en Lynn Vermaak, eienaars van The Manor Group, vir ons gegee het. Ons waardeer dit baie!

Hier is so 'n bietjie terugvoer van die mense wat slef die kursus bygewoon het. Dit sal nie veel help as ons dink ons het 'n lewensveranderende kursus hier beet, maar die mense wat dit bywoon voel nie dieselfde nie!

1. Wat het jy gedink van die kwaliteit van die kursusmateriaal? Goeie inhoud! Ek het so baie keer tussendeur vir die Here "dankie" gesê dat ek dit mag leer en weet.

2. Wat het jy gedink van die kwaliteit van die aanbieding en aanbieders? Julle ervaring in hierdie veld is so wyd en groot. Julle weet waarvan julle praat - en dit maak julle boodskap van baie hoë kwaliteit.

3. Sal jy hierdie kursus vir ander mense aanbeveel en hoekom? Ja. Waarheid maak VRY - baie mense wéét nie.

4. Enige voorstelle van hoe om die kursus te verbeter? Nee. Die tydsverdeling, venue, materiaal, musiek, geselskap was puik! Dankie dat julle opstaan en 'n verskil maak in ons wêreld in Jesus se Naam! Sy guns gaan voor julle uit - en Hy sal julle kalmte en vrede wees in elke storm.

Marlene de Vente, Sagtewareontwikkelaar, Pretoria.

Vir meer inligting oor die naweek en ook foto's, besoek asseblief ons facebookbladsy.


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page