Nuwe jaar, nuwe geleentheid om Huwelied se akoestiese klanke met fantastiese kos te kombineer.

January 12, 2016

 

Julle moet hierdie jaar deel word van hierdie heerlike kos-en-musiek-kultuur. As jy in Rayton / Cullinan omgewing is, is dit maklik; jy kom eet jou middagete by Coffee Café in Treurnichstraat, Rayton, net agter die Pick & Pay op Vrydag 5 Febraurie

 

As jy bietjie verder weg bly, soos in Pretoria - geen probleem! Gaan laai jou vriende in die kar en bring hulle vir 'n verrassende uitstappie na die gasvrye platteland op jou deurstoep.

 

Huwelied gaan hulle lekker luister-liedjies in akoestiese weergawe optower tussen 11:00-13:00. Dit alles broei saam om 'n heerlike middagete en groot kuier te verseker. 

 

Hierdie is die eerste een vir 2016, maar dit gebeur elke eerste Vrydag van die maand, so jy kan jou dagboek beplan en jou vriende saamnooi.

 

Sien julle daar!

Please reload

Featured Posts

Jou verlede is nie jou toekoms nie - Verrykende vroue-oggend met Huwelied en Heidi Dannhauser

April 8, 2016

1/1
Please reload

Recent Posts
Please reload

Archive
Please reload

Search By Tags

I'm busy working on my blog posts. Watch this space!

Please reload

Follow Us