top of page

Ware Lewe Bediening

meer oor Corné & Heidi Dannhauser

/biografie

Corné en Heidi kom uit die vermaaklikheidswêreld en is nog al die jare vanaf die laat 90's betrokke by bediening, soms voltyds en soms deeltyds.

 

Hulle was nog altyd betrokke by bediening in verskillende formate, maar hulle inkomste was hoofsaaklik afkomstig van die korporatiewe funksies en troue markte. Hier het hulle uitgeblink as die unieke Velvet Motion Duo. (www.velvetmotion.co.za)

 

As kunstenaar het Heidi alles gedoen wat daar te doene was. Sy is deur Nataniel beskryf as een van ons land se top sangers. Heidi het al drie dekades se ondervinding in TV-werk, as verhoogaktrise, as multi-instrumentalis en danser en as kunstenaar van haar eie kabarets. Boonop loop sy oor van enige kunsvorm en is van haar skilderye ook al vertoon in galerye.

 

Corné is 'n bobaas liedjieskrywer, sanger, komponis, verwerker en vervaardiger, en dis dan ook wat hy gedoen het as vennoot in Velvet Motion. Hy is egter in die openbaar meer bekend as baskitaarspeler vir Suid Afrikaanse sterre soos Nataniël, Coenie de Villiers, ens. Hy het internasionaal gewerk saam met Nataniël in London, Stef Bos in sy Suid Afrikaanse DVD, Lili Feng in China, en PJ Powers deur Afrika. Sy gesig is ook nie vreemd op TV nie, soos nou onlangs op Sweepslag.

 

Sederd 2001 het Corné en Heidi al hoe meer hulle eie, oorspronklike musiek en produkte begin maak. Eers het hulle as apparte kunstenaars opgetreë. Elkeen het 'n oorspronklike Afrikaanse CD vrygestel voordat hulle in 2012 as 'n duo sangpaar begin saamwerk het. Lees gerus meer hieroor by www.huwelied.co.za.

 

Die kinders is nie uit die prentjie verloor nie, en Fanie Fark en sy Fantastiese Vriende het die lig gesien. Lees asseblief ook meer by www.velvetmotion.co.za.

 

Corné het ook 'n geruime tyd gelede begin om teologie te studeer, en net sowel, want toe die oproep van God kom, was hy en Heidi gereed en toegerus. Hulle is ook albei gekwalifiseerd om mense te help met emosionele genesing.

bottom of page