top of page

Ware Lewe Bediening

bied die lewensveranderende huwelikskursus,

Gesonde Geseënde Gesinne

aan vanaf (Sal aangekondig word).

 

 

Kom belê in jou huwelik en in jou gesin, sodat jy die voorspoed en seën kan beleef wat God daarvoor beplan het.

 

Vir wie is die seminaar?

Gelukkige huwelike. As jy een van die min huwelike het wat regtig gelukkig is, baie geluk! Kom rus jouself toe met kennis en praktiese maniere oor hoe om jou huwelik geseënd te hou tot jou oudag. 'n Groot gedeelte van 'n gelukkige huwelik wat jare lank aanhou, is bloot inligting wat iemand vir jou moet gee. Ons gaan ook geestelike sake aanraak wat dalk nuut mag wees vir jou.

 

 

 

 

 

Huwelike wat deur 'n moeilike fase gaan. Almal van ons haak so elke nou en dan vas in verhoudings. Kom vind uit hoe jy deur die moeilike gedeelte kan kom, wie se 'skuld' dit is, hoe om mekaar gelukkig te maak, ens. Oorwinning is beskikbaar!

 

 

 

 

 

 

Huwelike wat byna op die rotse is. Dalk is julle al uit mekaar. Dalk bly julle nog in dieselfde huis, maar julle vermy mekaar so veel as moontlik. Moet asseblief nog nie finaal opgee nie! Ons weet dat God enige huwelik kan omkeer en elke gebroke hart herstel as ons bereid is om iets daaraan te doen. Is jy bereid om jouself, jou maat en God nog 'n kans te gee? Hier is die geleentheid.

 

 

 

 

Mense wat op trou staan en ander belangstellende enkellopendes. Sal dit nie lekker wees om 'n huwelik in te gaan met praktiese hulp en kennis oor wat 'n huwelik is, hoe die geslagte van mekaar verskil en watter geestelike invloed daar op huwelike is nie? Jy kan jouself voorberei vir 'n lewenslange, geseënde huwelik. Kom leer in twee dae wat ander mense jare se ondervinding gekos het. 

Wat behels die seminaar?

Saterdag van 09:00-17:30.

Kry jou wederhelf entoesiasties uit die bed, eet 'n lekker ontbyt en kom meld dan aan by Casablanca Manor in Donkerhoek (slegs 16 km vanaf Pta Oos). Daar is 'n koffietjie om jou deur die aanmeldproses te help. Nadat ons beter voel, spring ons sommer weg met die eerste sessie wat handel oor wat 'n huwelik nou eintlik is en hoekom dit so belangrik is. Elke sessie gedurende hierdie seminaar begin met Huwelied wat 'n toepaslike lied of twee sing. 

 

Hierna gaan ons die praktiese aspekte van die huwelik aanspreek en dit behels:

 

As jou man smile... Hoe om jou man gelukkig te maak en te hou. Wat is 'n man se grootste behoeftes? Die rol van 'n man in die huwelik en ook in sy gesin. Mans is uniek en is nie veronderstel om 'n vrou of soos 'n vrou te wees nie. Daar is 'n baie goeie rede dat 'n man 'n man moet wees! Leer hoe om die man te wees wat God jou geskep het om te wees.

 

 

 

 

 

 

As jou vrou smile... Hoe om jou vrou gelukkig te maak en te hou. Wat is 'n vrou se grootste behoeftes? Die rol van 'n vrou in die huwelik en ook in die gesin. 'n Vrou stel die ander gedeelte van God ten toon, wat nie deur 'n man gewys kan word nie. Albei is belangrik en albei moet uniek aan hulle geslag wees. Ons is geskep as komplimentêre.

 

 

 

 

 

As jou kind smile... Hierdie gesprek is nie met kinders nie, dis met die ouers oor hoe om hulle kinders groot te kry sonder om moord te pleeg, of om met tieners te sit wat jy wens jy op 'n skip kon sit. Hierdie sessie gaan weereens prakties wees en ook God se opinie vir jou gee oor die fantastiese voorreg wat jy het om kinders groot te kan maak.

 

Dis 'n mondvol, maar ons gaan dit darem nie in een sitting aanpak nie! Ons gaan 10:30 eers 'n bietjie asemhaal en ietsie sluk. Teen 12:30 gaan ons behoorlik rus en tyd maak sodat jy 'n middagete kan geniet. Halfpad na 17:30 sal ons weer stil raak vir interne versterking. Aan die einde van hierdie sessies kan almal moeg, maar verryk, huiswaarts keer. Die aanbieders is egter beskikbaar vir so lank as wat dit nodig is om te praat, bid, ens. vir diegene wat dit nodig het.

 

Sondag om 09:00.

Meld weer aan vir die gebruiklike koffietjie. Daarna val ons weer weg met:

 

Kommunikasie. Hoe om die ander, onverstaanbare geslag te probeer verstaan. Minstens, kom kry skietgoed om jou te help om sinvol en liefdevol te kommunikeer sodat julle nader aan mekaar kan groei, ten spyte van julle verskille.

 

 

 

 

 

 

Geestelike realiteite. 'n Praktiese sessie waarin ons gaan kyk na die algemeenste geestelike aanslae op huwelike. Ons gaan julle ook help om dit te hanteer en om vry te kom van alles wat julle geestelik kan terughou om in God se volheid as egpaar te lewe. Hierdie gedeelte maak ons aanbieding van huwelikseminare uniek. Ons poog om so 'n volledig as moontlik seminaar aan te bied in 'n kort tydjie, wat jou in twee dae soveel as moontlik sal toerus en prakties sal help om 'n gesonde, geseënde huwelik en gesin te hê.

 

Na afloop van die seminaar sal die aanbieders weer beskikbaar wees vir almal wat vrae het of hulp verlang op een of ander gebied.

Waar gebeur al hierdie lekker dinge?

 

Meld asseblief Saterdagoggend by Casablanca Manor, Plot 121, Donkerhoek, aan. Dis skaars 16 km vanaf Pretoria Oos. Die kaart is hier langsaan.

​

Ons probeer dit so bekostigbaar as moontlik vir mense maak om die kursus te kan bywoon. Daar is dus nie middagete ingesluit nie en ook nie verblyf nie, MAAR Casablanca Manor berei 'n spesiale, bekostigbare spyskaart voor vir die twee dae wat ons daar is.

​

   Hier is wat beskikbaar is:

   Lasagne, slaai & rolletjie R80.

   Kerrie & rys R55.

   Hoender wrap & slaai R80.

   Vis & skyfies R60.

   Koek R28.

   Koffie R20.

​

As jy sou wou oorslaap in die Donkerhoek- / Cullinanomgewing vir 'n baba wittebrood, laat weet gerus. Ons help graag met aanbevelings.

 

​

 

Kostes.

Die Gesonde Geseënde Gesinne Seminaar kos R500 per persoon vir die twee dae. Ingesluit by die prys is die volgende:

  • Alle aanbiedinge.

  • 'n Handleiding met die nota's en ook plek om jou eie gedagtes neer te pen vir toekomstige verwysing. Jy mag die Afrikaanse seminaar bywoon, maar 'n Engelse handleiding aanvra en omgekeerd.

 

 

Hoe om deel te wees van hierdie onvergeetlike, lewensveranderende geleentheid.

 

Bespreek onmiddellik jou plek, aangesien daar net 'n beperkte hoeveelheid plekke beskikbaar is.

 

Skakel Heidi op 072 493 5621 of Corné op 079 272 1152. 

Stuur 'n e-pos na warelewe.sa@gmail.com.

 

  • Kry ons bankbesonderhede op ons webwerf,

  • maak die betaling waar jy GGG en jou van gebruik (bv. GGG Oosthuizen).

  • Stuur asseblief bewys van betaling na warelewe.sa@gmail.com. Ons sal dan jou plek bevestig vir die seminaar.

  • Ons verlang 'n 50% deposito om jou bespreking te bevestig. Jy mag natuurlik die volle bedrag betaal ook.

  • Die balans is betaalbaar op die Vrydag voordat die seminaar begin, dus op die laatste Vrydag 24 Augustus 2018.

  • As julle enige ander betalingsooreenkoms wil maak, kontak ons asseblief betyds!

 

Vir enige verdere navrae, kontak ons gerus op die bogenoemde metodes.

  • As jy meer wil weet van Ware Lewe Bediening wat die seminaar aanbied, besoek www.warelewe.co.za.

  • As jy meer wil weet van Huwelied wat die vermaak verskaf, besoek gerus www.huwelied.co.za.

 

Ons hoop om so veel van julle as moontlik daar te sien. Ons het regtig 'n groot hart vir huwelike en gesinne, en dit is 'n fokuspunt in Ware Lewe Bediening. Die getuienisse van mense wie se lewens en huwelike aangeraak is en genees is deur ons bediening, laat ons nederig voel dat God ons sou gebruik vir so 'n groot en belangrike werk, maar dit hou ook die vuur in ons aan die gang om voort te gaan hiermee.

 

Bespreek jou plek vandag nog en laat toe dat ons jou help en dat God jou huwelik en jou gesin geseënd en gesond maak

 

bottom of page