top of page

/kerkbediening

Ware Lewe Bediening se hart is om soveel as moontlik Kerke en ander uitdrukkings van Christus se Liggaam hier op aarde, te ondersteun met dit wat ons het om aan te bied. Ons is in ‘n Liggaam geplaas juis vir daardie rede.


Hier volg ‘n lys van die verskillende aspekte waarmee Ware Lewe Bediening kan help:

Dannhauser crop.JPG
  1. Hantering van Sondagdienste met Woordbediening sowel as musiekbediening. (Ons het ‘n lang geskiedenis in voltydse en deeltydse bediening. Dit was gewoonlik as deel van die kunste- en musiekbedienings en Corné was ook vir 3 jaar verantwoordelik vir elke Sondag se preek.)

  2. Bediening met lof- en aanbiddingsmusiek, ‘Gospel’ en/of Christelike wêreldsbeskouingsmusiek deur Huwelied – SA se gunsteling sangegpaar. T.o.v. die Christelike wêreldsbeskouingsmusiek sing ons oor die liefde, die huwelik, die leuen van evolusie, die waarde wat ons as individue in God het, die noodsaaklikheid van vergifnis, die beginsel van getrouheid aan jou huweliksmaat, kuisheid, die leuens opgesluit in rassisme, ensovoorts. Alles is dus ‘grootmenssake’, maar word aangebied op ‘n onkonfronterende wyse in die vorm van ‘ligte’ musiek.

  3. Huwelied kan gebruik word by kerke, kampe, feeste, fondsinsamelings, seminare, vroue-oggende, mannedae, ens.

  4. Opleiding en werkswinkels met aanbiddingsspanne, beide uit ‘n teologiese oogpunt sowel as musikaal. (Corné & Heidi was vir dekades vryskutkunstenaars wat saam met die room van Suid-Afrika se musiektalent gewerk, opgeneem en getoer het. Lees gerus meer op Huwelied se CV.)

  5. Aanbieding van die lewensveranderende huwelikskursus Gesonde Geseënde Gesinne, of die Engelse weergawe, Healthy Happy Homes. Dis ‘n omvattende kursus van 6 modules wat oor 2 of meer dae aangebied word.

  6. Heidi as spreker by geleenthede soos vroue-oggende, kampe, ens. As gevolg van haar eie verlede en haar jare se ondervinding as berader, het sy ‘n groot passie en boodskap vir vroue met die tema “Jou verlede is nie jou toekoms nie”.

  7. Corné as spreker by geleenthede soos ontbyte, mannebyeenkomste, kampe, ens. As jy sy kleurvolle verlede van uiteenlopende belangstellings, studierigtings en ondervindings kombineer met sy passie vir lering, het hy iets sinvols te sê oor die meeste onderwerpe, maar sy groot liefde as spreker lê by mans en die tema “Wees ‘n Man!”

  8. Fanie Vark is die karakter waarmee ons kinders bedien met stories en liedjies, soos wat gelykenisse is. Beskikbaar vir dienste, kampe, ens.

​

Ware Lewe is ‘n onafhanklike bediening. Daarom noem ons die volgende:

  • Ons (Corné en Heidi) is albei geordende pastore, maar kan amptelik nie daardie titel gebruik nie, aangesien ons die Kerkgroep waarin ons was, verlaat het, nie oor geskille nie, maar juis om beter interkerklik te kan bedien, sonder bordjies en titels.

  • Ons onderskeie naskoolse opleiding lê in drama, tale en klassieke musiek vir Heidi, en die wetenskappe, jazzmusiek en teologie vir Corné. Ons is albei ook opgelei as helpers in emosionele genesing.

  • As onafhanklike bediening verdien os geen salaris nie en is dus afhanklik van inkomste vanuit ons bediening. Dit beteken dat ons ongelukkig meestal nie verniet kan bedien nie, maar dat ons altyd onderhandelbaar is. Ons verwag geensins betaling soortgelyk aan wat ons in die sekulêre wêreld verdien of kan verdien nie. Hou dus die kommunikasie lyne oop, ons wil baie graag help waar ons kan!

  • Ware Lewe Bediening is ‘n interkerklike (maar nie intergeloof nie) bediening wat al by die meeste bekende Denominasies in Suid-Afrika bedien het.

bottom of page