top of page

Chuck Norris spel 'intimiteit' anders as ons.

Ek wil hiermee graag die spelling van intimiteit verander na intimiTYD. Dalk kry mense dan meer die bedoeling agter die woord.

Ek praat met baie mans. Ek vra hulle soms uit na hoe lief hulle vir hulle vrouens en kinders is. Die goeie nuus vir die vroue van hierdie land is dat elke man wat ek mee gepraat het, bereid is om sy lewe af te lê vir sy vrou en kinders. Hy is bereid om 'n Chuck Norris te trek en voor 'n koeël in te spring om jou te red. Hy is bereid om sy kinders se lewens te beskerm teen aanvallers, selfs al kos dit hom sy eie lewe.

So manne, baie geluk! Ek dink dit is voortreflik om op daai plek te wees in jou kop. Ek hoop dat dit prakties nooit nodig sal wees nie. Die goeie nuus is dat die meeste van julle nooit sal nodig hê om so iets drasties te doen nie, maar jou bereidwilligheid wil my die volgende vraag laat vra: as jy bereid is om jou lewe af te lê vir jou vrou, wat van bereid wees om 'n bietjie meer tyd saam met haar te spandeer? Wat van elke tweede Saterdag gaan golf speel sodat jy elke ander week saam met jou liefie iets dappers kan gaan doen, soos om 'n romantic comedy te gaan kyk? Dit sal mos 'n man vat om so iets te doen!

As jy jou kinders met jou lewe sal beskerm, wat van om eerder die eerste uur wanneer jy by die huis kom, aan hulle aandag te gee in plaas daarvan om die TV aan te sit? Vir die meeste mans sal dit ewe veel moed verg as om voor 'n koeël in te spring.

Maar ek dink dis nodig dat ons ons lewens op hierdie manier ook vir ons vrouens en kinders neerlê. Hoekom? Intimiteit behoort so gespel te word: intimiTYD. 'n Intieme verhouding met jou vrou (nie noodwendig eers seksueel nie), 'n intieme verhouding met jou kinders en, terloops, 'n intieme verhouding met jou Skepper, kos alles tyd. Dit vra dat jy jou belangrike 'dinge' bietjie herevalueer om te kyk waar jou prioriteite lê. Waar jou tyd en jou geld heen gaan, sê baie van waar jou hart lê.

Die ding van intimiteit is dat geld nie so vreeslik help nie. Ja, 'n oulike geskenk is fantasties en elke nou en dan se vakansie is wonderlik, maar dit sal alles niks beteken sonder TYD nie. Hier is dalk nuus vir jou, meneer; jou vrou en jou kinders wil JOU daar hê, eerder as jou geld. Verkieslik albei.

Ek wil jou vandag uitdaag en opneem op jou dapper hart. Jy hoef hopelik nooit jou lewe fisies neer te lê vir jou gesin nie. My uitdaging is om 'n Rambo te trek, of 'n Chuck Norris, of om Dapper Danie of Vreeslose Frikkie of Bittereinder Bennie, of een of ander Super Hero te wees vir jou gesin. Ek daag jou uit om jou TYD op te offer.

Dis nie altyd maklik of lekker nie, veral nie aan die begin nie, maar dis altyd die moeite werd. Die vrugte wat jy in jou huwelik sal pluk en die vreugde van goeie verhoudings met jou kinders sal vinnig opmaak vir die twee dae per maand saam met jou vriende of die gemors op TV wat jy opgeoffer het.

Wat is die kosbaarste gevoel op aarde? Ek sê dis intimiTYD. Chuck stem saam...

Ek wil hiermee graag die spelling van intimiteit verander na intimityd. Dalk kry mense dan meer die bedoeling agter die woord.

NS. As jy Chuck Norris se kaliber intimiteit in jou huwelik wil hê, is Gesonde Geseënde Gesinne die seminaar waar jy moet wees. Hierdie omvattende, lewensveranderende huweliks- en gesinsseminaar vind plaas 18-19 April 2015 by aHa! Idea Catalyst Conference Centre in Donkerhoek, Pretoria.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page