top of page

Nuwe jaar, nuwe geleentheid om Huwelied se akoestiese klanke met fantastiese kos te kombineer.

  • Corné & Heidi Dannhauser
  • Jan 12, 2016
  • 1 min read

Julle moet hierdie jaar deel word van hierdie heerlike kos-en-musiek-kultuur. As jy in Rayton / Cullinan omgewing is, is dit maklik; jy kom eet jou middagete by Coffee Café in Treurnichstraat, Rayton, net agter die Pick & Pay op Vrydag 5 Febraurie.

As jy bietjie verder weg bly, soos in Pretoria - geen probleem! Gaan laai jou vriende in die kar en bring hulle vir 'n verrassende uitstappie na die gasvrye platteland op jou deurstoep.

Huwelied gaan hulle lekker luister-liedjies in akoestiese weergawe optower tussen 11:00-13:00. Dit alles broei saam om 'n heerlike middagete en groot kuier te verseker.

Hierdie is die eerste een vir 2016, maar dit gebeur elke eerste Vrydag van die maand, so jy kan jou dagboek beplan en jou vriende saamnooi.

Sien julle daar!


Commenti


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page