top of page

Huwelied en Valentyn is soos somer en sonskyn...


Kom geniet Valentynsdag saam met Huwelied by die Premier Hotel Cullinan. Dit gaan 'n heerlike dag wees en jy kan kies tussen

* 'n buffetete of 'n

* wynproe,

albei vir slegs R120.

Aangesien 'n romantiese ete net nie dieselfde is sonder romantiese musiek nie, sal Huwelied hulle weergawe van die liefde kom deel, Kom luister na hulle oorspronklike Afrikaanse liedjies, ouer gunstelinge en ook goue oues uit die 1930's - 1950's. Jy gaan hierdie verskeidenheid beleef in akoestiese formaat en meer van 'n 'band'-formaat met lewende kitaar, viool, saksofoon, trompet en solo baskitaar.

Ons dink dis 'n geleentheid wat jy tot jou eie spyt sal mis, so moet dit nie doen nie. Bespreek asseblief by die Hotel op 012 734 1810. Die optrede is van 12:00-15:00.


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page